Die buitelewe
Stap in die natuur
Die Drakensberge is sentraal geleë tussen Gauteng en die kus van KZN. Met pragtige staproetes, uitsigte wat
jou asem wegslaan en die mooiste natuurlewe, is dit ’n wonderlike plek om jou batterye te herlaai. Bly vir die
naweek of slaap oor op pad na jou bestemming.